Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Sondag van 'n Kind" deur D.J. OPPERMAN
" Sondag van 'n Kind" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #57920] Di, 26 Februarie 2002 23:11
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

SONDAG VAN 'N KIND
D.J. Opperman

My vader, moeder, broer en ek
het rape uit die land getrek,

hulle in die spruitjie skoon gewas
en saam gaan eet op klawergras.

Later toe ons by 'n waenhuis kom
was al die bure saamgedrom,

en by die een vervalle hoek
lees iemand vir ons uit 'n boek.

Klip na klip word die muur gerol
tot by 'n lam met raapwit wol.
Vorige onderwerp: betekenis en woordbetekenis deur Breyten Breytenbach
Volgende onderwerp: " Fabel " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 14:58:51 MGT 2024